• Verby Omdraai

“Ross staan uit die modder uit op en lig Albert weereens oor sy skouer. Hy struikel en val op sy knieë, maar slaag daarin om sy broer op sy skouers te hou en is onmiddellik weer op sy voete. Hy strompel vorentoe. Hy weet nie regtig waarheen nie. Hy probeer wegvlug van die herinneringe, maar hy is te swak. Hy val weer en dié keer gee hy moed op. Hy sit Albert teen ’n miershoop neer. Sy broer kreun net saggies, maar verder is daar geen reaksie nie. Ross is letterlik teen die grond. Hy kan voel hoe alles waarvoor hy die laaste paar dae geleef het, stadig deur sy vingers glip. Hy is op sy knieë, sy arms slap langs sy sye. Voordat hy regtig besef wat hy doen, kyk hy in die swart hemel op.” 


Verby Omdraai is die avontuur van twee broers en hul pad tot rekonsiliasie met hulself, mekaar en God. Ross en Albert Naudé worstel met innerlike demone van liefde en verlies, opgee en geloof. Die een sit in Londen na hy geen ander keuse gehad het as om te vlug nie. Daar waar hy met bloedbelope oë oor sy lewe nadink, bereik hy 'n punt van geen omdraai. Die ander een is 'n pligsgetroue student op Stellenbosch, 'n sterk en suksesvolle jongman. Al is die tweeling broers met duisende kilometers van mekaar geskei, is hulle nou, meer as ooit tevore, van mekaar afhanklik. Die donker wolke pak saam en die sneeu is aan die kom. Elkeen het sy eie berg om te klim, en om lewend aan die anderkant uit te kom, gaan niks meer as 'n wonderwerk kos nie. Ross en Albert gaan nog 'n hele paar ou wonde moet oopkrap voor hulle rus kan vind...  


Author: Christiaan Blignaut 

Website: www.verbyomdraai.co.za 

Write a review

Note: HTML is not translated!
    Bad           Good

Verby Omdraai

  • R149.00


Available Options


Tags: Action, Fiction, Religion